home new products specials contact us
Book Search
 

hhhhhhhhhhhhhh

Author: hhhhhhhhhhhhh

Price: R0.00
 


 Categories

Shopping Cart
0 items in your cart
 

Book Details

Karoo Veldblomgids van Suid-Afrika 6
Author: David Shearing & Katryn van Heerden
 
Die boek is die jongste in die Vereniging se reeks botaniese veldgidse wat verreweg die grootste gebied dek van enige van die reeks: die "ver verlate vlaktes" van die Groot en die Klein Karoo van Suid-Afrika. Dit verskil ietwat van sy voorgangers aangesien dit spesifiek ontwerp is vir boere van die streek. Die Vereniging hoop dat die ryk bron van inligting oor die landbou wat hierin vervat is tot nut sal strek vir die landbougemeenskap. 'n Groot deel van die teks verteenwoordig 'n distillering van die vele jare praktiese ondervinding as boer in die Karoo deur die skrywer, David Shearing. Hy het ook die weidingswaarde van iedere van die plantsoorte wat in die uitgawe beskryf is, noukeurig bepaal. Elk van die sowat 400 soorte is sorgvuldig geselekteer vir verteenwoordiging en relatiewe belang in die Karoo-plantegroei. Die Vereniging hoop ook dat die gids, met sy rykdom taksonomiese en agrowetenskaplike detail 'n nuttige aanvulling sal wees tot die veldbiblioteke van die vername landboukolleges in die streek.
 
Price: R 270.00
This website is designed by AfricWell Computing